Praat Saam

Stuur vir ons 'n Boodskap

Stuur 'n boodskap aan die Kerkkantoor of die Predikant:


= ?

Kommunikeerder

Die Gereformeerde Kerk Meyerspark maak gebruik van die Kommunikeerder-stelsel om inligting vinnig aan gemeentelede te versprei. Om in te skakel op hierdie stelsel is eenvoudig en kan op enige slimfoon, tablet of rekenaar opgestel word.

Kliek, kliek voort na ʼn opwindende manier van kommunikeer. Indien jy ook op hierdie kommunikasiestelsel wil inskakel en op hoogte bly van die nuutste nuus in die gemeente kontak gerus vir Dirk du Plessis deur die kontakblad. Kies die Kommunikeerder-opsie.

Fokus

Die weeklikse Fokus bied aan gemeentelede ʼn oorsig oor die dag se preke, die week se program en kort kennisgewings van belang vir die gemeente. Die blad is voor die diens in die voorportaal en by die sydeure van die kerk beskikbaar. Maak seker jy kry hierdie nuttige blad elke Sondag.

Om bydraes tot die blad te maak, stuur jou boodskap via die kontakblad. Kies die Fokus-opsie.

Kwart Koerant

Die kwartaallikse blad is propvol nuus, artikels en foto’s. Die blad wat saamgestel deur Lilla du Preez en is gratis aan alle gemeentelede beskikbaar. Gebeur daar enigiets opwindends in jou meeleefgroep? Is daar ʼn nuwe baba in die gemeente? Is daar ernstige sake wat jy reken in die blad bespreek moet word – soos die Omkeerstrategie? Maak seker dat jy jou bydrae betyds aanstuur.

Om bydraes tot die blad te maak, stuur jou boodskap via die kontakblad. Kies die Kwart Koerant-opsie.

Kontak die kerkkantoor

Kantoorure: Maandag tot Vrydag van 08:30 tot 12:00, skoolvakansies gesluit)
Kantoordame: Renee van Deventer
Telefoon: 012 803 4312
E-pos: gkmeyerspark@gmail.com

Kontak die Jeughuis

Telefoon: 012 803 4312

Saalverhuring

Telefoon: 012 803 4312

Padkaart

Die Gereformeerde Kerk Meyerspark is geleë op die hoek van Emmerentia- en Nicolettestraat, Meyerspark.

Kaart van kerkterrein